Sondag 12 Mei 2013

Ons lees verder in Galasiers en ons gesels Sondag oor die 5de hoofstuk. Tema:"I see you" Kom luister saam en kuier na die diens oor koffie!!
Moenie vergeet van ons skietlyste wat op is nie:
- Middestad 21-30 Jun
- Botswana 21-30 Jun
-T.O. Strand 5-13 Jul
Kontak die kantoor as jy wil betrokke raak - 011 726 3616
Ons vier ook volgende week Pinkster en as deel daarvan het ons gemeente jaarliks uitreike gedurende die week, as jy 'n bydra kan maak epos ons gerus met jou naam en die uitreik waarin jy belangstel. As jy ietsie gaan koop, kan jy dit net kantoor toe bring.
Pinkster 2013 13-19 Mei
Ek wil graag deelneem aan die volgende:
Maandag 18:30 vir 19:00 Bederf- en seën ete vir Abraham Kriel-huisouers
Ek kan help kosmaak vir die ete
Dinsdag 10:00 Netcare Rehab hospitaal besoek en blomme uitdeel
Ek kan 'n blessing blanket maak vir 'n kind in die
hospitaal
Woensdag 12:15 Woodside tehuis vir gestremde kinders besoek
Ek kan lekker warm sokkies bydra vir die kinders
Ek kan tekkies/crocs (nr 1-8 sommer van PEP) bydra vir die kinders
14:30 Hotel Hope gaan besoek
Ek kan babadoeke bydra (Large/XL)
Ek kan Aqueous room/vaseline/seeppoeier vir outomatiese
Wasmasjien bydra
17:00 by die Sopkombuiswees, help met die kosgee, en bid vir die
mense by die sopkombuis
18:45 Eetgoed neem en dankie sê vir Brixton Brandweer
Donderdag 18h45 Eetgoed neem en dankie sê vir Rooseveltpark Brandweer
Saterdag 07:00-09:00 deelneem aan Prayerwalk/gebedstap deur Melville
'n Verjaardagpakkie maak vir 'n bejaarde in Jan Hofmeyer/Vrededorp
(Tandepasta en tandeborsel, seep, waslap, deodorant en lyfroom)
Sondag na kerk Blomme gaan uitdeel by Parksorg
Epos jou naam en uitreik waar jy wil help na kruiskerk@melvillekruis.org.za

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.